HOKKIE
Hokkie is by Oranje ’n sportsoort met groot diepte en is een van die skool se fakkeldraer-sportsoorte met ‘n geskiedenis van uitnemendheid.
Geriewe, afrigters:
Oranje beskik sedert 2007 oor ’n sintetiese astrobaan. Al die spanne oefen of op die astro of die aangrensende mini-astro. Die meeste van die skool se wedstryde vind ook op die astro plaas.
Toernooie en ligas:
→ Super12-hokkietoernooi
→ St. Mary’s-hokkietoernooi
→ National All Girls Schools’ Festival
→ Affies, Interskole
→ Paarl Gim/Girls’ High, Interskole
→ Collegiate Girls’ High School, Interskole
→ Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole
→ Vrystaatbeker
→ Top 12-toernooi vir o.16A’s by Paarl Gimnasium
→ Top 12-toernooi vir o.14A’s by Rhenish
→ Fairweather-toernooi vir o.18B’s
→ Elsie Coetzer-toernooi vir die o.18C’s en o.14B’s
→ St. Mary’s Kloof-toernooi vir o.16A’s
→ St. John’s-toernooi vir o.14A’s
Super12-hokkietoernooi:
Oranje bied sedert 2014 die toernooi aan waaraan die voorste 12 spanne in die land volgens die nasionale ranglys genooi word.