KLEREBANK

@OMS is Oranje se eie skryfbehoefte- en klerewinkel.
Ons verkoop produkte eie aan Oranje, byvoorbeeld OMS-komberse, -serpe, -handdoeke, -swempette en –swembroeke.  Vanaf die begin van 2008 word die skoolsweetpak en skoolsportklere ook uit die winkel verkoop.

Die winkel probeer om in die behoeftes van Oranje te voorsien met skryfbehoeftes teen die laagste pryse, gehalte-tweedehandse klere en produkte eie aan Oranje.

Daar is ’n deurlopende, positiewe groei in die verkope van die winkel. Die nettowins word jaarliks aan die skool uitbetaal en finansier dan verskillende projekte van die skool.

► @OMS pryslys 2024

► Benodighede Gr. 8-12 2024

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.