REDENAARS
Leerders kan in Afrikaans voorbereid en onvoorbereid en in Engels voorbereid en spanredenaars deelneem.
Daar kan in kompetisies tot op nasionale vlak meegeding word.
Leerders word deur mev. Naretha Swanepoel afgerig en sy help hulle ook met die afronding van toesprake. Toesprake word nie deur haar geskryf nie en dit word sterk aanbeveel dat leerders by die skryf van hul eie toespraak betrokke is.
Oranje neem jaarliks deel aan die ATKV-redenaars, Radikale Redenaars en Oppie Tong Af. Vir die ATKV-redenaars word interne uitdunrondes gehou om die beste leerders te identifiseer om aan die volgende rondtes deel te neem. ‘n Leerder kan óf voorbereid óf onvoorbereid praat.
Vir Radikale Redenaars en Oppie Tong Af kan leerders in die Afrikaans Huistaal óf Engels Addisionele Taal- afdeling inskryf. Dis ‘n meer informele kompetisie as die ATKV s’n.
Die Radikale Spanredenaars is ‘n nuwe komponent van die redenaars.
Ná die eerste ronde kan leerders na die Vrystaat se eindronde deurdring en van daar af na die nasionale ronde in Pretoria.
Die Radikale Leeskompetisie word ook aangebied en leerders wat ‘n passie het vir lees, kan ook hieraan deelneem.
Jaarlikse deelnames:
ATKV:
Eerste ronde
Halfeindronde
Nasionale ronde
Radikale Redenaars:
Eerste ronde
Provinsiale ronde
Nasionale ronde
Oppie Tong:
Provinsiale ronde
Nasionale ronde
Kompetisie inligting:
ATKV
Interne rondes:
Enige leerder kan aan die skool se interne rondes deelneem. Daar word agt juniors en agt seniors gekies wat aan voorbereid of onvoorbereid gaan deelneem.
Onafhanklike beoordelaars word gebruik en leerders word op grond van die puntetoekennings gekies.
Leerders neem dan aaan die onderskeie rondes deel.
Toesprake moet oorredend en 5 tot 7 minute lank wees.
Radikale Redenaars
Leerders kan enige tema aanraak en in Afrikaans of Engels deelneem.
Toespraak moet 5 tot 7 minute lank wees.
Mev. Swanepoel kies ook spanne vir die spanredenaars.
Oppie Tong
Leerders kan enige tema kies. Leerders kan in Afrikaans, Engels of Afrikaans onvoorbereid deelneem.
Toesprake moet 5 tot 7 minute lank wees.
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Niel Theart):
E-pos: joostehuis@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 084-511-6263
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395