SOSIAAL

Oranje se sosiale kalender is stampvol en baie geleenthede word gereël om skool so lekker as moontlik te maak. Daar is ook vele sosiale geleenthede saam met die seunskole Grey Kollege en St. Andrews.

Sommige van die jaarlikse gebeure en tradisies:
→ Pampoenrokswem
→ Nuwelingsêr by Saints en Grey
→ Gr. 8-besoek aan Onze Rust
→ Dinees
→ Monumentfunksie
→ Koshuis-staddag
→ Mej. Oranje
→ Gr. 8-waardes-maak-saak-kamp
→ Pregala saam met Grey
→ Matriekafskeid
→ Wêreldbiddag vir vroue saam met ma’s
→ Greygala
→ Nuwelingskonsert
→ Gr. 9-buitelugskool
→ Kousbegrafnis
→ Geesvang voor inters
→ Matriektee
→ Grey/Oranje-sokkie
→ Pa-en-dogteraand
→ Midmarmyl-naweek
→ Ma-en-dogtertee
→ Teer en Veer
→ OMS-straatmyl
→ Brak-en-Duckkamp
→ Netbal-pretaand
→ Valentynsdagsviering met Saints en Grey
→ Europese kunstoer
→ Maskerbal

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.