SKAAK

Inleiding:
Skaak is soos oorlogvoering. “Die koning stuur kastele. Die perde kry bevele. En die koningin baklei.” – lirieke uit Theuns Jordaan se “Skaakspel”

Skaak help jou nie net met oorlogvoering nie, maar kenners sê dit het ook ’n positiewe invloed op wiskundige vermoëns.

By Oranje word skaak as ’n spansport beoefen met spanne wat uit vier of ses lede bestaan. Leerders kan ook individueel in die Mangaung-streekstoernooie inskryf wat hulle in staat stel om vir die Vrystaat gekies te word.

Toernooie en ligas:
→ National All Girls’ Schools Festival
→ Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria, Interskole
→ Collegiate Girls’ High School, Interskole
→ Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole
→ Fichardtpark-sportdag
→ Skaakliga by Grey Kollege
→ Interne toernooie vir ranglysposisies