MARIMBAS

Die marimbas bestaan uit ’n informele groep leerders wat mooi, opgewekte klanke skep.

Dié musiekinstrument maak dit vir leerders met geen musiekervaring moontlik om aan hieraan deel te neem. Om marimbas te speel verg geen talent nie. Indien jy ’n marimbastok kan vashou, sal jy kan speel.

Die marimbas tree by verskeie geleenthede van die skool op en is ook deel van die tuis-interskoles.