OPEDAG

Ons opgedag het reeds op 27 Februarie 2026 plaasgevind.

Vir enige navrae rakende aansoeke of indien u die opedag misgeloop het en graag die terrein wil besigtig, e-pos gerus vir Annemarie de Klerk by annemarie@oranjemeisies.co.za.

Ander moontlike vrae wat u mag hê:

Hoekom ’n enkelgeslagskool? Dis ’n welbekende feit dat leerders van ’n enekelgeslagskool meer selfvertroue het en hulle makliker hul mening lug. ’n Ander kenmerk is hulle vermoë om te fokus met net meisies in ’n klas. Meisieskole is jaarliks onder die land se bespresterende akademiese skole.

Is julle ’n Afrikaanse skool? Ja, onderrig geskied in Afrikaans. Die voordele van moedertaalonderrig is welbekend. Ons bied Engels as huistaal of as eerste addisionele taal aan.

Hoe werk julle vakkeuses? Loer gerus hier.

Hoeveel leerders word jaarliks toegelaat? Daar word sowat 160 gr. 8-leerders ingeneem, afhangend van een of twee faktore.

Hoeveel leerders is daar in klasse? In ’n registerklas sowat 32. Klasgroottes wissel na gelang van leerders se vakkeuses. Steeds klein genoeg vir individuele aandag.

Hoe doen ek aansoek? Kry die vorms hier.

Wanneer sal ek weet of my dogter tot Oranje toegelaat word? Ouers word gewoonlik in die tweede kwartaal gekontak vir ’n onderhoud met die skoolhoof (saam met u dogter) waarna verdere korrespondensie volg.

Hoeveel kos dit om ’n leerder na Oranje te stuur? Klik hier.

Is daar beurse beskikbaar? Nee, Oranje bied nie beurse aan nie.