VOORUIT

Die skoolkoerant (genaamd Vooruit) bied aan leerders wat ‘n liefde het vir skryf of om stories te vertel, ’n geleentheid om berigte te skryf.

Dit word in ons jaarlikse gedrukte koerant gepubliseer, maar word ook deur die loop van die jaar op sosiale media geplaas.

Deur Vooruit wil ons vir leerders ’n stem gee wat buitengewone dinge doen of oor ’n besonderse talent beskik. Dis dikwels iets wat buite skoolverband val.

► Kliek hier vir ons jongste uitgawe

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.