DRAMA
Ons neem jaarliks aan ’n paar toneelfeeste deel asook die ATKV-tienertoneel, ons eie Reza de Wet-tienertoneelfees sowel op die interskoles.
Ons het ons eie drama-ateljee en drama word as kultuuraktiwiteit en as vak aangebied.
Oranje was die heel eerste skool in Suid-Afrika om drama as vak aan te bied.
Leerders word dan die kans gegun om toneel te speel en ook deel te wees van die tegniese aspekte van teater. Hulle ontwikkel so tegniese vaardighede soos kostumering, grimering, dekorontwerp, klank- en beligtingontwerp.
Reza de Wet-tienertoneelfees
Oranje bied vanaf 2007 jaarliks die Reza de Wet-tienertoneelfees saam met die Vrystaat Kunstefees aan.
Die fees stel hom ook ten doel om leerders se dramavaardighede te ontwikkel en hulle aan al die aspekte van teater bloot te stel.
Besoek gerus die toneelfees se Facebookblad.