DEBAT

Oranje het ’n lewendige debatvereniging waar leerders leer om hulle man (of eerder hulle vrou) in ’n debat of argument te staan, selfvertroue opdoen en analitiese en kritiese denke ontwikkel.

Leerders doen ook goeie algemene kennis op soos wat hulle vir onderwerpe voorberei.

Sommige van die kompetisies is voorbereide debatte, terwyl ander onvoorbereid is.

Een van die jaarlikse hoogtepunte is om tydens die Bloemhof-interskole voor die hele skool debat te voer.

Jaarlikse deelname:
► ATKV-uitdunrondes: Eerste ronde | Tweede ronde | Nasionale eindronde
► Dink of Sink-kompetisie: Provinsiale ronde | Nasionale eindronde
► Con Spirito-kompetisie: Provinsiale ronde | Nasionale eindronde
► Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole
► Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Interskole