KOOR
Oranje het ‘n ryke koortradisie wat dekades terugdateer.
Die koor neem aan ‘n wye spektrum van kompetisies en feeste deel en tree ook by die interskoles op. Jaarlikse prestasies in verskeie kunswedstryde en die ATKV-Applous kompetisie is ‘n beloning op die harde en genotvolle werk en spreek van die hoë standaard wat die koor handhaaf. Die koor het al ‘n paar toere na die buiteland onderneem.
Die missie van die koor is om ‘n liefde vir koorsang by die dogters te kweek en hulle te bemagtig om koorleiers van die toekoms te kan word.