PROSPEKTUS & VIDEO’S

Kliek hier ► Prospektus

Kliek hier ► Visie & Missie

Dit bly steeds die skool se doelstelling om elke Oranjedogter as ’n goed toegeruste jong dame die wêreld in te stuur: Iemand wat haar eie lief het, respek het vir die verskeidenheid daarbuite en wat die uitdagings van die volwasse wêreld kan aanvaar omdat sy in haarself, maar boweal in haar Skepper glo.
Ons leuse is, en sal altyd wees: Vooruit

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.