Ingenieursgrafika en
-Ontwerp (IGO)
IGO fokus op spesifieke basiese kennis en verskeie tekentegnieke en -vaardighede wat die leerder in staat stel om grafiese materiaal te interpreteer en produseer in die konteks van meganiese-, siviele- en elektriese tegnologie.
IGO spruit voort vanuit Tegnologie in gr. 8 en gr. 9.
Die beroepsmoontlikhede met IGO is legio – onder meer argitek, ingenieur, mediese tegnikus, industriële ontwerper, binnehuise ontwerper, landskapargitek, stadsbeplanner, landmeter, grafiese illustreerder, juwelierontwerper en tekenaar.