ENGELS 1STE ADDISIONELE TAAL & HUISTAAL

Die Engels-departement se doelstelling is om deur die KABV (of CAPS) in ’n dinamiese, kreatiewe en gekoesterde omgewing leerders te kweek wat op alle vlakke met selfvertroue in Engels kan kommunikeer.

Oranje bied sedert 2018 ook Engels Huistaal aan. Dit word deesdae reeds vanaf gr. 8 aangebied. Dit is bykomend tot Engels Eerste Addisionele Taal. Leerders kan dus een van die twee opsies kies.

Die dogters behaal gereeld op nasionale en provinsiale vlak pragtige prestasies met hul Engelse skryfwerk, debat- en redenaarsvermoëns.