TENNIS
Inleiding:
Dis glad nie ongewoon vir tennisspelers by Oranje om wedstryde 6 stroop, 6 stroop en 6 stroop te wen nie. En dis nie die stroop wat jy op jou toebroodjie saam met peanut butter eet nie. Dis wanneer jy ’n stel met 6 potte teenoor 0 wen.
Die skool beskik oor agt bane wat almal oor spreiligte beskik.
Toernooie, ligas en byeenkomste:
→ Amanda Coetzer-toernooi (Bloemfontein)
→ Gerrie Berner-toernooi (Paarl)
→ National All Girls’ Schools Festival
→ Absolut Menlo-toernooi (Pretoria)
→ Voortrekker Bethlehem-toernooi (Bethlehem)
→ Mangaung-tennisliga (Bloemfontein)
→ Tjaart Vorster-toernooi (Cradock)
→ Hoërskool Fichardtpark-sportdag (Bloemfontein)
→ Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria se o.15-toernooi (Pretoria)
→ Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Interskole
→ Collegiate Girls’ High School, Interskole
→ Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole
Amanda Coetzer-toernooi:
Die toernooi dra die naam van Suid-Afrika se voorste tennisspeler tot op hede. Amanda Coetzer was van 1986 tot 1988 op Oranje.
Sy was vir 10 jaar agtereenvolgens (1992-2001) in die top 20 op die wêreldranglys en het in 1997 op nr. 3 gedraai. Sy het in 3 enkelspel-halfeindstryde van ’n Grand Slam-toernooi gespeel.
Hierdie toernooi is vir die eerste keer in 1998 aangebied en word as een van die beste en sterkste toernooie vir dogters in die land gereken. Daar is ’n o.18- en o.15-afdeling.