SIELKUNDIGE DIENSTE

Oranje het ten doel om ons dogters in die geheel te ontwikkel en voor te berei vir die geleenthede en uitdagings wat hulle in die toekoms mag ervaar. Daarom is die intellektuele en emosionele welstand van ons leerders baie belangrik.

Opvoedkundige dienste, beroepsleiding en terapeutiese dienste word deur mev. Liesel van Heerden, voorligtingsielkundige, aangebied.

Hierdie dienste is gratis vir die leerders van die skool en vind binne skoolure plaas. Korttermyn terapeutiese ingrepe word aangebied, maar indien ’n leerder langtermyn terapeutiese hulp benodig, sal die leerder na eksterne sielkundiges en psigiaters verwys word.

Die beskikbare dienste:
→ Skolastiese probleme
→ Studiemetodes
→ Emosionele ondersteuning
→ Vakkeuse-evaluering in graad 9
→ Inligting oor tersiêre opleidingsinstansies

► Kliek hier vir inligting oor konsessies.

Kontak gerus vir mev. Van Heerden by liesel.vanheerden@oranjemeisies.co.za vir afsprake en navrae.