Aug 14, 2022 | Nuus
Al Oranje se nuus word op ons sosiale media gedeel, volledig en gereeld. Besoek gerus hierdie blaaie om die nuutste van Oranjeland te sien. Facebookblad Instagramblad
Jul 2, 2021 | Akademie, Drama, Kultuur, Matriekuitslae, Multisport, Nuus, Redenaars, Sport, Swem, Tennis
ALGEMEEN * Mia Olivier (gr. 12) is die wenner van die Sentrale Universiteit van Tegnologie se Entrepreneuriese Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Sy het dit gewen met haar opsommings-besigheid. RUITERKUNS * Die ruiters Jazelle Strydom en Wilana Wolfaardt het eerste...
Apr 29, 2021 | Akademie, Atletiek, Hokkie, Kultuur, Lewensredding, Matriekuitslae, Multisport, Netbal, Nuus, Sport, Swem, Tennis
AKADEMIE * Die matriekklas van 2020 het omtrent al wat ’n rekord in die eindeksamen vir die skool is, verbeter. Die 12 leerders in die top 50 in die Vrystaat (die meeste deur enige skool), is die meeste nóg vir Oranje. Die nege leerders met agt of meer onderskeidings...
Apr 15, 2021 | Hokkie, Nuus, Sport
Nadat die Covid-19-pandemie Oranje se eerste hokkiespan in 2020 weerhou het van ’n agtste agtereenvolgende jaar as die nr. 1 span in die land, hoop hulle om vanjaar die teenstanders én die pandemie ore aan te sit. Oranje het vir sewe jaar (tussen 2013 en 2019)...
Apr 13, 2021 | Netbal, Nuus, Sport
Ná bykans ’n hele netbaljaar deur die Covid-19-pandemie in 2020 uitgewis is, sal die eerste netbalspan van Oranje swaar leun op sy twee mees ervare spanlede. Die netbalseisoen begin Dinsdag met Oranje se aandreeks. Kaptein Janine Moolman en onderkaptein Eilir Lindeque...
Apr 12, 2021 | Netbal, Nuus, Sport
’n Gewese Protea-afrigter en ’n huidige Protea-speler bevind hulle vanjaar op die afrigtingspanne van Oranje se netbal. Burta de Kock, hoofbreier van die senior nasionale netbalspan in 2006 en 2007 en weer ’n hulpafrigter in 2011, brei vanjaar Oranje se eerste...
Apr 11, 2021 | Netbal, Nuus, Sport
Ofskoon sy net vir twee jaar en ’n klein gedeelte van 2020 die eerste netbalspan van Oranje gebrei het, is die welslae besonders wat mev. Retha Jacobs in dié tyd behaal het. Jacobs (voorheen Erasmus) het die tuig neergelê aangesien sy nou op ’n plaas woonagtig is. Sy...
Mar 28, 2021 | Nuus, Sport, Tennis
Die 13-jarige Donna le Roux bevind haarself in die nr. 1-posisie op Tennis Suid-Afrika se ranglys vir o.14-spelers. Sy het vroeër vandeesmaand die eerste keer tot nr. 1 gevorder. Dis die eerste keer in onlangse jare dat ’n Oranje-leerder haarself boaan ’n nasionale...
Mar 24, 2021 | Nuus
Die nuwe BL is bekend. Nege benoemings is van ouers ontvang wat dié dan die BL-lede maak sonder dat ’n verkiesing nodig is. Die nege ouers se kinders op Oranje is: * Reinet Blom = Marilet (gr. 9) * Catherine Cawood = Danielle (gr. 10) * Hendrik Fourie = Lianri (gr. 8)...
Mar 23, 2021 | Afrikaans, Akademie, Nuus, Wiskunde
Juf. Anne-Marie Klink (skoolhoof) het verlede week ’n oorkonde van die Skoleondersteuningsentrum in ontvangs geneem vir ’n rits prestasies deur die 2020-matrieks van Oranje. Dié Bloemfonteinse meisieskool is 18de op die lys vir Afrikaanse skole met die meeste...
Mar 22, 2021 | Nuus, Sport, Swem
Miché Johns se 12de plek (ouderdomsgroep 15-16 jaar) en Michaela van Rooyen se 11de plek (13-14 jaar) was Oranje se beste presteerders op die Nasionale Opewaterswemkampioenskappe in Jeffreysbaai die naweek. Oranje se vyf swemmers het die helfte van die Vrystaatspan...
Mar 18, 2021 | Atletiek, Nuus, Sport
Oranje se atlete het verlede naweek op die Vrystaat-atletiekkampioenskappe vir 8 goue medaljes, 8 silwer en 7 brons gesorg. Marliet Blom het eerste geëindig in sowel die 90m-hekkies en 300m-hekkies (o.16) en Johani van Tonder in die hoogspring en verspring (o.18)....
Mar 10, 2021 | Nuus, Sport, Swem
Net mooi die helfte van die Vrystaatse swemmers wat vir die Nasionale Opewaterswemkampioenskappe gekwalifiseer het, dra ’n pampoenrok skool toe. Die Vrystaatspan van tien lede na Jeffreysbaai (19 tot 21 Maart) word oorheers deur Oranjeniete. Hulle is Cara Smook, Cara...
Mar 9, 2021 | Multisport, Nuus, Sport
Sewe leerders van Oranje is in die Vrystaat Laserrun-span opgeneem. Die span van 31 lede (hoër- en laerskole) ding op 28 Maart mee op die nasionale kampioenskap in Somerset-Wes. Die sewe is Michaela van Rooyen, Donna le Roux, Ezeth Esterhuizen (almal gr. 8), Lané...
Mar 8, 2021 | Nuus, Sport, Swem
Lize-Marié Davidson, swemkaptein van Oranje, het ’n 15de plek by Sondag se Midmarmyl in KwaZulu-Natal vir vroue 14-30 jaar behaal. Haar tyd was 22:48. Sy was een van slegs 22 vroueswemmers (5 daarvan was 13 jaar en jonger) wat uitgenooi is weens Covid-19-regulasies....
Mar 5, 2021 | Akademie, Nuus, Wiskunde
Die bespresterende skool in die Vrystaat in 9 vakke, waaronder Wiskunde en al 4 taalvakke wat Oranje aanbied. Oranje se matrieks van 2020 het vir nóg spognuus gesorg met dié info oor die skole wat die beste in vakke in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen gevaar...
Mar 4, 2021 | Nuus
Ná ’n toespraak wat harte geroer, mense hoendervleis laat uitslaan het, sommige ‘n traan laat pik en ander eenvoudig weggeblaas het met haar gestroopte, opregte, treffende uit-die-hart-boodskap, is Magé Troskie op honderde, selfs duisende mense se lippe. Magé,...
Mar 2, 2021 | Akademie, Alumnae, Matriekuitslae, Nuus, Sport
Nege mensedokters en een dieredokter. Dís waarmee die 2020-matriekklas van die Hoër Meisieskool Oranje oor ’n klompie jare kan spog. Ses van die nege begin boonop hulle mediese studies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Hulle is Bea Louw, Katia Geustyn,...
Jan 12, 2021 | Multisport, Nuus, Sport
Die jaar is skaars twee weke oud en Oranje het reeds twee dogters in ’n nasionale sportspan. Die gr. 10’s Danielle Joubert en Miché Johns is verlede week in die nasionale tetrathlonspan van die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkampvereniging ingesluit. Hulle gaan...
Dec 14, 2020 | Nuus, Sport, Swem
Oranje se swemmers het 2020 op ’n skitterende wyse afgesluit met ’n rits swemmers wat ’n ryk medaljeoes opgelewer het en vier van hulle wat die voorste deelnemer in hulle ouderdomsgroep op die Vrystaat-kampioenskappe was. Die gala het Vrydag geëindig. Swemmers het...